The God Who Sees

Pad van Dorings


Pad van Dorings

Ek wonder soms hoekom mense so hardnekkig, en eiewys is?

Baie kere kan ‘n mens sien hoekom hulle so is, maar ander kere steek of versier hulle dit so mooi, dat jy sukkel om dit raak te sien. Hulle sal jou uitskel, gebare maak agter jou rug, [of so dink hulle altemit] die oë word omgedop ens., ens.

Dan gaan dit nou nog verder, as dit nie genoeg is nie sal hulle jou beskinder by vreemdes, familie en vriende. Hierdie houding wat ingeneem word is bloot deur te wys dat hulle iewers inpas en daar word na hulle geluister en dat hulle iets beteken in die wêreld.

Wanneer jy dan die persoon of persone konfronteer oor hul foute, is hulle baie vinnig om jou te roskam en te sê, “maar wie dink jy is jy? is jy sonder foute? dink jy, jy weet alles? wie gee jou die reg om te oordeel” en as daar nie na hulle geluitster word nie, dan word jy die verwerpte of ‘n uitgeskopte persoon. Hierdie uitwys van foute is nie omdat jy nie hou van die persoon nie, maar wil net help deur te wys na die foute wat bestaan en gemaak word, hoe anders moet ons tog leer? Enige mens het spasie vir verbetering. Self ek het spasie vir verbetering. Ek self het baie tekortkominge, maar probeer dit nie weg te steek deur mense aan te val wat die foute vir my uitwys nie.

Wanneer ‘n mens iets raaksien wat fout is of dalk die goeie kan bederf, dan moet ‘n mens optree en waarsku. Wel soms werk dit en mense luister, soms werk dit nie, en hulle luister nie. Sekere woorde in die stukkie is baie kras, maar soms moet dit gedoen word om mense wakker te maak van hulle halwe of volle slaap toestand.

Ek sien ‘n fout raak en spreek dit aan en gebruik die volgende voorbeeld:

Pad van Dorings.

Die waarskuwing is en word gerig aan alle mense soos benodig.

Wat jy met hierdie doen is jou saak. Neem jy dit aan as ‘n persoonlike aanval, “So Be It”, teiken in middel kol geskiet. Neem jy dit as ‘n “insult”, “So Be It”, dan is ek bly, jy het nog ‘n gewete oor. Sê jy “Wat, ek lees nie gemors nie, wat ‘n klomp twak.” Voel ek jammer vir jou, daar is min hoop vir jou!! Die uitroep is dan “Bekeer jou.”

Ek vertel jou dat die pad wat jy wil volg, vol pen-dorings is, en dat jy sal seerkry as jy wel sal besluit om die pad te volg, en dat daar ‘n beter roete is wat jy kan volg sonder dorings en veilig by jou bestemming sal uitkom, gewaarborg.

Maar eiewys en alswetend soos jy is, neem jy die pad met die pen-dorings, en sê vir jouself: “Wat weet hy, probeer hy nou weer alles weet, ga, ek sal doen wat ek wil, my kerk en my pastoor sê so en so en sê dat of die. Hulle is ten minste reg en hulle het geleer vir ‘n graad. Die ou dink hy weet alles en het nie eers geleer nie. Nee wat, ek sal my eie kop volg, of doen wat die pastoor my geleer het, of wat ek gelees het op die Internet.”

Jy begin jou roete stap, deur die eerste tree te gee en daar gebeur niks nie, nou sê jy vir jouself:

“Sien, die ou weet niks, hy praat net!”.

So gaan die tyd verby en jy beweeg baie stadig en tog versigtig op hierdie pad van dorings.

Die volgende oomblik toe jy jou voet neersit trap jy in 5 pen-dorings gelyk. “Wat het nou gebeur?”, vra jy. Jou reaksie is snerpend en onmiddellik sê jy: “Ek het dit geweet, die ou het my verwens, vervloek, omdat ek nie na hom wou luister nie.”

Onmiddellik is die reaksie, dit is nie ek wat die fout maak nie, dit was iemand anders wat my verwens / vervloek het. Jy sê ook “Daar is nie ‘n manier dat ek die verkeerde ding sal doen nie, ek is ‘n getroue kind van God en loop altyd die regte pad. Hierdie ou het my sekerlik verwens / vervloek. Ek luister tog immers na die gees in my.” Die vraag hier is: “Watter gees?”, dit laat ek by jou!!

Sien u wat het hier plaasgevind.

Die onmiddellike reaksie is: “Dit is nie ek nie.” Soek die skuldige op ‘n ander plek. Ook ontkenning van die fout wat gemaak is, en saam met dit leuens op leuens. Daar is baie mense in hierdie lewe wat nie bereid is, of nie kan sê: “Jammer man, ek het ‘n fout gemaak, ek probeer hard.”, nie. Hierdie mense is gewoonlik jou hardkoppigste tipe, en glo hulle is reg in alles wat hulle sê en doen. Hulle sal en wil ook nie aanvaar dat hulle mag verkeerd wees nie. Hulle is reg en maak nie saak wat jy sê of doen nie. Gewoonlik het hierdie mense ‘n klein koninkrykie vir hulself opgebou, en enigiemand wat daarmee krap of binnedring, is nie welkom nie. Daar sal aanvalle geloods word. Nooit reguit aanvalle nie, praat liewer agter jou rug en bespreek jou met iemand anders.

Satan het ‘n houvas op jou my vriend. Dit is presies hoe hy sal reageer op hierdie dinge. Dit is ook presies wat hy wil hê jy moet glo, gee iemand anders die skuld en veronskuldig jouself, dit is die maklikste uitweg.

Wanneer jy regtig ‘n kind van God is sal jy oor sulke sake gaan dink en as jy nie tevrede is met die antwoorde of uitkoms nie sal jy die persoon nader en soos ‘n beskaafde mens met hom sit en gesels daaroor. Daar sal geen agterbakse, sagies fluister praatjies wees nie. Ook sal jy nie die mense stilmaak as jy hoor die persoon kom aan of in die nabyheid is nie. Kies u self waar u inpas, dit is tog immers u keuse wat gemaak word.

Fil 4:13 (1953 – Vertaling) Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Vic vd Merwe

125total visits,1visits today

Kategoriee

Advertensie

Advertensie