El-Roi - Afrikaans

Studies

Gedigte

God

Israel

Profesiee

Satan

Daar is 'n gediggie wat se

Daar is 'n gediggie wat se

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak,
sou ek meer moeite gedoen het
om jou warm toe te maak.
As ek geweet het dis die laaste keer
wat ek jou by die deur sien uitloop, sou ek jou gedruk en gesoen het -
en jou teruggeroep het vir nog 'n drukkie.
As ek geweet het dis die laaste  keer
dat ek jou stem sou hoor,
sou ek dit op band op geneem
het sodat ek dit weer en weer kon speel.
Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil ..
maar sê nou vandag was die laaste kans!
 

Die Bybel sê:

" ons is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. "
Kom ons maak vandag tyd om te sê:
 
'Ek is jammer' of 'dankie' of 'ek waardeer jou'!
As môre dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit!
Waardeer vandag die mense rondom jou.

Hou vandag jou dierbares styf vas en fluister in sy/haar oor:
Jy is spesiaal - ek is lief vir jou  !

MAAK VANDAG DIE BESTE GEBRUIK VAN ELKE GELEENTHEID WAT OOR JOU PAD KOM MY LIEWE VRIENDE, JULLE IS VIR MY BAIE  DIERBAAR EN KOSBAAR.
EK KAN NIE GENOEG DANKIE Sê VIR ELKEEN VAN JULLE WAT MY PAD GEKRUIS
EN 'N VERSKIL IN MY LEWE GEMAAK HET NIE.

EK IS GESEëND!